Oor die boek
(Lokteks van NB Uitgewers)
Samestellers Corlia Fourie en Annelize van Rooyen bring vermaaklike reisstories deur 46 skrywers byeen, o.a. Marita van der Vyver, Kirby van der Merwe, Sophia Kapp, Jacques Pauw, Irma Joubert, Julian Jansen, C. Johan Bakkes, Bettina Wyngaard en Frederik de Jager. Die skrywers vertel van verrassende gebeure tydens reise, met snaakse, bittersoet of heuglike gevolge. Maar altyd is die ervaringe verrykend. Reis saam van Fraserburg tot Timboektoe; Arizona tot Zanzibar; en nog baie ander plekke,
Wat ek gedink het
Draaie, Swaaie en Afdwaalpaaie is ‘n versameling kortverhaal-reisstories wat die leser op ‘n avontuurlike reis neem deur die oë van van Suid-Afrika se bekendste skrywers. Saamgestel deur Corlia Fourie en Annelize van Rooyen, bied hierdie bundel ‘n diverse reeks verhale wat wissel van humoristies tot ontroerend.
Die boek is verdeel in verskeie afdelings soos “’n Bus vol plesier”, “Hoe sag wieg ons bootjie”, “So ry die trein”, “Laat die wiele rol”, “Vlieg hoog, vlieg ver”, “Verblyf”, “Bagasie”, “Ontmoetings”, “Onvoorspelbare weer”, “Bestemmings” en “Die tale wat ons praat”. Hierdie indeling maak dit maklik vir die leser om deur die verskillende temas en ervarings te navigeer.
Drie gunstelinge wat uitstaan (alhoewel daar vele meer is), is:
• “’n Smokkelstorie” deur Elma Potgieter
• “Oupa op reis met ‘n baba” deur C. Johan Bakkes
• “Uitkamp in die Fraserburg Hotel” deur Gerrit Rautenbach
Die samestellers, Corlia Fourie en Annelize van Rooyen, het in ‘n onderhoud op RSG se “Skrywers en Boeke” genoem dat hulle genoeg wonderlike stories ontvang het om dalk ‘n tweede boek saam te stel. Dit is duidelik dat hierdie bundel nie net ‘n versameling van reisverhale is nie, maar ‘n viering van die menslike gees en die onverwagte kinkels wat reis kan bring.
Draaie, Swaaie en Afdwaalpaaie is ‘n moet-lees vir enigeen wat hou van reisverhale en die verrassings wat daarmee gepaard gaan. Die verskeidenheid van skrywers en hul unieke stemme maak hierdie boek ‘n ryk en vervullende leeservaring.
AD PR-Product
#Readalong #TandemReadalong #ebhomebru2024 #exclusivebooksafrikaans #afrikaansreadalong #exclusivebooks
Luister gerus na hierdie onderhoud op RSG se “Skrywers en Boeke”
ISBN: 9780795802751
Epub ISBN: 9780795802768
Uitgewer: Queillerie
Datum Vrygestel: Mei 2024
Formaat: Sagteband, 224pp
Koop die boek hier: Draaie, Swaaie en Afdwaalpaaie – Exclusive Books Online