Oor die boek:
(Lokteks van NB Uitgewers)
“’n Reeksmoordenaar maai bekendes op ’n streep af.
En Kassie en Rooi moet hom vastrek. Maar dit is makliker gesê as gedaan.
Die moordtonele is smetloos, met slegs bisarre boodskappe by die lyke. Die slagoffers se hoë profiele veroorsaak ook ’n ongekende mediaherrie, wat bykomende druk op die ondersoekspan plaas.
Die Spesiale Spookeenheid se elite-speurspan tas behoorlik in die duister rond. Het hulle dié keer hulle meerdere teëgekom?”
ISBN: 9780795802713
Epub ISBN: 9780795802720
Uitgewer: Queillerie
Datum Vrygestel: Julie 2024
Prys (incl. VAT): R 350,00
Formaat: Sagteband, 352pp
Wat ek gedink het:
Dit was my eerste kennismaking met Rudie van Rensburg se werk. Ek was aanvanklik bekommerd dat ek nie die hoofkarakters, Kassie en Rooi, en hulle agtergrond goed genoeg sou ken nie, aangesien hulle al in verskeie boeke verskyn het. Tot my groot verligting het ek egter onmiddellik in die storie ingeval en geen probleme gehad om op te vang nie. Hierdie boek kan dus gerus as ‘n losstaande storie gelees word, sonder om die vorige boeke te ken.
Die spanningsvlakke in die boek is uitstekend gebalanseerd. Ek het sekere storielyne reg voorspel, maar dit het glad nie die spanning verminder nie. Inteendeel, die afwagting om te sien hoe die storie sou ontvou, het my aan die boek laat vasklou. Rudie van Rensburg het daarin geslaag om ‘n meesterlike speurverhaal te skryf wat slim gestruktureer is en boeiend bly van begin tot einde.
Die reeksmoordenaar in die verhaal is slinks en koelbloedig, wat die storie ‘n donker en onheilspellende atmosfeer gee. Van Rensburg gebruik vernuftige tegnieke om die leser aan die raai te hou oor die moordenaar se volgende stap. Die rol van die media word ook duidelik uitgelig in die storie, wat bydra tot die realisme en relevansie van die verhaal.
Een van die besonderse elemente van die boek is hoe die beurtkrag skedules ‘n invloed op die storie het. Dit voeg ‘n ekstra laag van realisme en herkenbaarheid by, veral vir Suid-Afrikaanse lesers wat met beurtkrag worstel. Hierdie tipe detail maak die storie lewendig en tasbaar.
Ek moet ook die skrywer se skryfstyl komplimenteer. Van Rensburg se taalgebruik en narratief is vernuftig en hou die leser se aandag vas. Die manier waarop hy die karakters en hul verhoudings uitbeeld, maak hulle geloofwaardig en maklik om mee te identifiseer.
Gebooie ‘n uitstekende speurverhaal wat ek met vrymoedigheid aan enigeen sou aanbeveel. Ek sal beslis graag meer van hierdie reeks wil lees. Rudie van Rensburg se skryfstyl het my geboei en ek sien uit na die volgende avontuur met Kassie en Rooi.
AD PR-Product – dankie aan @exclusivebooks, @tandemcollectiveglobal vir hierdie saamlees geleentheid.
#readalong #TandemReadalong #ebhomebru2024 #exclusivebooksafrikaans #afrikaansreadalong
Oor die skrywer:
@roelia_reads Books written by local authors, with familiar stories and relatable characters – such a joy! Die afgelope paar maande was dit wonderlik on weer te ontdek watter ongelooflike talent en verhale plaaslik beskikbaar is. Ons kan lag in Afrikaans, ril in Afrikaans, treur in Afrikaans, naelbyt in Afrikaans! What an eye-opener! With special thanks to @Exclusive Books, @Books – Team Tandem and my fellow #LeesAfrikaans ♬ Powerful songs like action movie music – Tansa
1 Response
[…] Gebooie deur Rudie van Rensburg […]