1

Kanniedood (Branderjaer #3) deur Joha van Dyk

“Kanniedood” is die derde boek in die Branderjaer-sage deur Joha van Dyk.

Die eerste twee boeke was “Branderjaer”, gevolg deur “Vuurvreter”.  (Beide die skakels lei na gratis leesgidse vir Graad 10 en 11 leerders ook).

Die spanningsvolle reeks volg ‘n groep leerlinge wat in ‘n bende-oorlog betrokke raak.  Ek sal aanbeveel dat mens die vorige twee boeke in die reeks eers lees, want dit gee ‘n baie deeglike agtergrond van al die karakters, wat nodig is, want daar is ‘n hele paar rolspelers.

Ben “Kanniedood” Palmer is sy suster, Kalla is die kinders van ‘n berugte bendeleier, en hulle word in hierdie boek nog meer gekonfronteer en gekniehalter deur die ongevraagte nalatingskap.

Dinge raak nog meer gekompliseerd wanneer hulle pa, Check Palmer, na ‘n lang afwesigheid weer terugkom huis toe.  Wat wil hy bereik nadat hy vir jare basies van die aardbol af verdwyn het?  Watter impak gaan dit op Ben en Kalla en selfs die hele Breekwater gemeenskap se lewens hê?

Ben probeer hard om net sy kop laag te hou en sy laaste skooljaar deur te kom, maar geweld in die dorp en by die skool maak dinge baie moeilik vir hom.  Beide hy en sy suster het ‘n moeite besluit om te maak – is dit dan nie net makliker om in hulle pa se voetspore te volg nie?  Veral Ben, wie al van jongs af as die “Kroonprins” verwys word?  Hy is ‘n komplekse, emosionele mens en lojaliteit en liefde beteken baie vir hom.

Kalla moet net so hard veg om ou foute reg te stel en om haar tuisdorp meer draaglik en veilig te maak, en sy voel sy moet sake in haar eie hande neem.  Al beteken dit om ‘n bende-oorlog te ontketen.

Alhoewel daar baie karakters in die Branderjaers groep en vriendekring is, fokus “Kanniedood” op Ben en Kalla se perspektiewe.

Die aangrypende en emosie-belaaide naelbytverhaal laat mens weereens besef wat die waarde van vriendskap en familie is en hoeveel tieners op ‘n daaglikse basis moet oorleef in ‘n geweldadige samelewing.  Die skrywer het deeglik navorsing gedoen oor bendes en bendegeweld in Suid-Afrika, en het ook haar eie insig en ervaring as passievolle storieverteller ingespan om hierdie ‘n verhaal met realistiese, empatieke en geloofwaardige karakters te maak.

Sosiale temas soos intimidasie, trauma, boelie, rassisme, dwelms, bevooroordeling, geweld en identiteit in hierdie book aangespreek, gee mens baie om oor te dink.

Hierdie reeks is meestal gemik op tieners (14+) en jong volwassenes, maar ek glo dat dit waardevolle (en genotvolle) leesstof is vir enige iemand wat insig en empatie met die jonger generasie in ons land het.

Lees hier ‘n gratis uittreksel uit “Kanniedood” (NB Uitgewers/Publishers)

Ek het die geleentheid gehad om hierdie boek te lees as deel van ‘n #readalong (saamlees) aangebied deur Tandem Collective en NB Uitgewers/Publishers – Human & Rousseau).  Dit was inspirerend en opvoedkundig om my mede-lesers se opinies te hoor, asook in hulle ervarings te deel.  Dankie Tandem Collective en NB Uitgewers!

AD PR-Product

#Readalong #TandemReadalong #kannidood #branderjaers #branderjaersage #NBxBooktok #HumanenRousseau #johavandyk #kanniedood

Meer oor die boek:  Kanniedood deur Joha van Dyk – NB Uitgewers

Meer oor die skrywer:  https://www.johavandyk.com/

https://www.tiktok.com/@roelia_reads/video/7286140619314056454?is_from_webapp=1&sender_device=pc&web_id=7224564334809646598

 

https://www.tiktok.com/@roelia_reads/video/7286801009542696197?is_from_webapp=1&sender_device=pc&web_id=7224564334809646598