’n Week soos hierdie laat my weer besef hoekom stories ons so diep anker. Ek was bevoorreg om vroeër die week Penguin Random House Suid‑Afrika en LAPA Uitgewers se 2026‑halfjaar-voorskou by te woon, ’n warm en bruisende okkasie vol boeke, stemme en daardie unieke opgewondenheid wat net ’n kamer vol lesers en skrywers kan skep. Van Januarie tot Junie 2026 wag daar ’n ry indrukwekkende Afrikaanse titels op ons, en om dit eerstehands te hoor, was ’n absolute fees.
Die paneel was ’n hoogtepunt op sy eie. Martin Steyn, #LekkerLeesBoekrak se skrywer van die maand, het met sy kenmerkende skerp insig oor misdaadfiksie gepraat. Irma Joubert, altyd ikonies en innemend, het met haar stories en sagtheid betower. En ja… ek kan my gat skop dat ek nie dadelik gestorm het vir ’n foto saam met hulle nie. Dalk maar te opgewonde en te vasgevang in die oomblik, maar dis seker hoe jy weet ’n aand was besonders!
Afrikaanse fiksie om na uit te sien (Januarie tot Junie 2026)
Hier is die titels wat PRHSA en LAPA vir die eerste helfte van 2026 aangekondig het, georden volgens maand van uitgawe.
Februarie
Skimme en Spoorsoekers deur Martin Steyn
Skuldig deur Martin Steyn (heruitgawe)
Maart
Doodgewoon Mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman
Swartval deur Martin Steyn (heruitgawe)
April
Jo & Sue (Maanshijnbaai 1) deur Chanette Paul (heruitgawe)
Losprys deur Martin Steyn (heruitgawe)
Mei
Nan & Jeannie (Maanshijnbaai 2) deur Chanette Paul (heruitgawe)
Wat die Witbors Wou Sê deur Elmarie Derekson
Junie
Rebekka van Kameeldoornplaas deur Irma Joubert
2026 lyk na ’n ongelooflike jaar vir Afrikaanse fiksie. Van misdaad tot historiese romans, van heruitgawes tot splinternuwe stories, ons boekrakke gaan beslis nie leeg wees nie.
Watter een van hierdie titels roep jou eerste?

Afrikaanse fiksie om na uit te sien (Januarie tot Junie 2026)
Mei