In “Anoniem” deur Chanette Paul word ons bekendgestel aan Lula Prins, ‘n manuskripontwikkelaar en keurder vir Bellatrie-uitgewers. Sy het ‘n nuwe lewe begin in die klein dorpie Heydendal, waar sy onder die skuilnaam Tallie Lategan ook haar eie boeke skryf. Die titel van die boek is treffend, aangesien dit verwys na die hoofkarakter se verskeie name en skuilname, en die feit dat sy haar ware identiteit moet wegsteek om verskeie redes.
Die verhaal is ‘n slim weef van intrige, geheime en ‘n boeiende storielyn. Dit speel af in die wêreld van die uitgewersbedryf. ‘n Ander belangrike deel van die storielyn is die feit dat Lula se verlede haar begin inhaal, en ons as lesers vind uit hoekom sy verkies om “anoniem” te bly. Terwyl sy vlug van die spoke in haar verlede, soek Kriek Kruger, na antwoorde oor sy oorlede broer, Dian, se selfdood. Die keurdersverslag oor Dian se manuskrip is deur Lula geskryf en blyk om hom finaal te laat knak het.
Die roman is die vyftigste boek van die gewilde skrywer en meng spannende, romantiese en humoristiese elemente. Dit bied insigte in temas soos die beskerming van persoonlike inligting in die digitale era, morele vraagstukke, leesuitdagings en die ekonomiese krisis in die platteland. Die karakterontwikkeling is goed uitgewerk, en die eksentrieke Lilibet en wyse May Ella was vir my ook besonder treffend.
Ek kan die boek beslis aanbeveel.
Dankie aan Tandem Collective en Exclusive Books vir die geleentheid om die boek te lees. AD-PR kopie.
Oor die boek (van LAPA Uitgewers):
Koop die boek (Exclusive Books):
Oor die skrywer:
@roelia_reads Wat het ons hier?? Ek is so opgewonde om saam met ‘n groepie mede-lesers ‘n “lekkerlees-saamlees” #readalong te doen! Deur Exclusive Books en Tandem Collective is ons eerste boek “Anoniem” deur Chanette Paull. Kom lees saam en deel in die #exclusivebooksafrikaans #afrikaansreadalong #booktoksa AD-PR PRODUCT #TandemReadalong #ebhomebru2024 #ebambassadors #ExclusiveBooks @Exclusive Books @Books – Team Tandem #RoeliaReads #chanettepaul #leesafrikaans ♬ Epic Music(863502) – Draganov89