Die heel eerste ding wat jou sal opval van Mynhardt Joubert se “My Stasie Straat Kombuis” is hoe elke wonderlik kleurvol dit is. Van die voorblad, tot die heel laaste bladsy is die pragtige boek ‘n fees vir die oog!
Die boek is se titel verws na Chef Mynhardt se restaurant in Paarl, en die foto’s en resepte kom ook direk daarvandaan.
Ek is al vir jare ‘n groot aanhanger, van daardie eerste “Kokkedoor” dae was dit al duidelik was dat hy ‘n natuurlike aanslag met inspirerende kleur en geur het. In die “Inleiding” vertel hy sy kosreisstorie, en mens kry ‘n persoonlike en dieper insig in die mens wat Mynhartdt Joubert is. En, ek het nooit geweet dat hy ‘n formidabele balletloopbaan gehad het nie. So interessant!
“My Stasie Straat Kombuis” se hoofstukke volg die orde van ‘n dekadente feesmaal – dit begin met mengeldrankies en canapes en eindig met nagewegte. In elke resep deel Chef Myhhardt ‘n persoonlike staaltjie wat meer vertel oor waar die resep vandaan kom, asook notas en wenke om die resep aan te pas of makliker te maak op voor te berei indien jy dit sou verkies. Dit is nogal een van die goed wat ek baie geniet het van hierdie boek, mens voel gemaklik en gerus om die resepte te probeer – en as jy een of twee bestandele wil vervang, sal Chef Mynhardt nie omgee nie. Dit gaan oor die gesellige samesyn om ‘n goeie gereg, in plaas van stywe-nek-presies-wees.
Van die resepte lyk visueel so eksoties, maar jy sal gou agterkom dat daar die meeste van die bestanddele heel eenvoudig en maklik bekombaar is.
Die fotografie is uitstaande en dit moeilik om die boek deur te blaai en nie onmiddelik lus te raak vir al die watertandgeregte nie.
Ons het sover twee van die resepte probeer, die “St-Germain-Vonkeldrankie” (bladsy 15) en die “Pangebraaide Varkfilet met Tamatie & Kruie” (bladsy 152). Te heerlik!
Hierdie visuele kaleidoskoop van kleure, resepte en kosstories sal enige kookboek-verslaafde (soos ek) dolgelukkig maak! En wat ‘n kleurvolle en briljante geskenk sal dit nie maak nie!?
@roelia_reads Blaai saam met my deur Chef Mynhardt Joubert se “My Stasie Straat Kombuis”. Pragtig en kleurvol, propvol inspirasie! Beskikbaar by boekwinkels en aanlyn. #ReviewCopy #BookifyZA #roeliareads #Afrikaans #booktok #foodiefriday
Met dank aan Penguin Random House SA vir die geleentheid om hierdie pragtige publikasie te geniet!
Hierdie boek is ook beskikbaar in Engels as “My Station Street Kitchen”.
My stasie straat kombuis by Joubert, Mynhardt | Penguin Random House South Africa
My Station Street Kitchen by Joubert, Mynhardt | Penguin Random House South Africa