0

Die Nege Lewens van Mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman

Die nege lewens van Mevrou Smit Elizabeth WassermanDie boek is die opvolg op “Die Fantastiese Mevrou Smit”.

Ek het hierdie boek sommer dadelik begin lees toe ek dit gekry het, ten spyte van die feit dat daar ‘n netjies hopie ander boeke is wat al langer vir my wag!

Dit is soos ‘n reunie – Mevrou Dominee, Hester, en natuurlik, Dokter Tomas. En ons ontmoet ‘n paar nuwe karakters ook. Sonder om te veel weg te gee, kom ons sê dat “troues”, “bendes” en ‘n “moordfees” op die kaarte is.

Mevrou Smit is presies waar ons haar gelaat het, dalk net effens meer ingeburger in Aronspoort. Sy huiwer nogsteeds nie om haar opinie te lug nie, en gee nogsteeds nie om wat die res van die inwoners van haar dink nie. Haar weerbarstige persoonlikheid laat haar definitief uitstaan, of sy wou kom wegkruip as ‘n ander persoon of te nie.

Ons sien wel ‘n bietjie meer van haar duistere verlede, so stadig maar seker leer ons meer van die onkonvensionele karakter.  En nog meer as ooit, is sy nie iemand aan wie se verkeerde kant ek ooit sal wil wees nie.

Hierdie knussie (cozy mystery) voel, soos die vorige boek, familier en soveel pret om te lees. Die mense en omgewing voel bekend, want ons almal ken mos ook maar klein dorpies en hulle mense. Ek het erens gelees dat Aronspoort gebaseer is op Montagu, en van toe af is ek nog meer gefasineerd met die plekkie en die gevoel van gemeenskap en nostalgie.

Die einde van die verhaal los mens met ‘n paar vrae – wat my laat glo en hoop dat boek drie definitief aan die kom is!

Spanning, humor en verassings – presies wat ek van ‘n “Mevrou Smit” boek verwag het.  Nog ‘n lekkerlees boek wat ek definitief sal aanbeveel vir lesers wat hou van Suid-Afrikaanse en  Afrikaanse karaktergedrewe verhale.

Die boek word uitgegee deur Penguin Random House SA en is wyd beskikbaar, beide aanlyn en by boekwinkels. 

Oor die boek:  https://www.penguinrandomhouse.co.za/book/die-nege-lewens-van-mevrou-smit

Oor die skrywer:  https://elizabethwasserman.co.za/

 

@roelia_reads #Bookmail from @Penguin Random House SA I honestly don’t know where to start! All four titles have been on my #2024Wishlist! ❤️Which book would you read first?? #RoeliaReads #AlwaysReading #booktok #booktoksouthafrica #booktoksa #bookrecommendations ♬ Similar Sensation (Instrumental) – BLVKSHP