0

Wat is in die Kerskous?

Ek glo dat ‘n boek as geskenk ‘n wonderlike manier om jou waardering vir jou vriende, familie en ja, selfs kollegas, te wys. Hoeveel keer het jy al ‘n gunsteling boek as geskenk gegee?

Is jy op soek na voorstelle van wat die gewildste boeke onder die Kersboom gaan wees hierdie jaar?

Hier is wat ek aanbeveel:

Vir die huiskok:

Die Suid-Afrikaanse lugbraaier kookboek 2 deur Louisa Holst

Die Suid-Afrikaanse lugbraaier kookboek 2 Louisa Holst

Louisa Holst se eerste lugbraaier kookboek was ‘n groot sukses, en hierdie nuwe een volg alreeds klaar in daardie groot voetspore.  In amper elke kombuis pronk daar deesdae ‘n lugbraaier (airfryer), so almal is op soek na inspirasie om meer kreatiewe disse voor te berei – m.a.w. meer as opgewarmde oondskyfies.  Louisa se boeke is kleurvol en gevul met smaakvolle resepte en idees.  Wat ek die meeste geniet is dat die resepte spesifiek vir die Suid-Afrikaanse mark en palet ontwikkel is.  Bestanddele is maklik verkrybaar en die resepte is smaaklik en nie onnodig gekompliseerd nie.

Ek het nog nie kans gehad om ‘n paar resepte te probeer nie, maar daar is vele wat my oog gevang het.  Die “Brandewyn-en-Coke-Hoendervlerkies” is op ons spyskaart volgende week, en die springbokkie-kaaskoek lyk na ‘n ware fees vir die oog!

@roelia_reads Blaai saam met my deur Louisa Holst se nuutste “Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek 2”. Kleurvolle, praktiese en smaakvolle resepte – en dit sal ‘n lieflike Kersgeskenk maak! Also available in English as “The South African Air Fryer Cookbook 2”. *Dankie aan Human & Rousseau NB Uitgewers / Publishers. #RoeliaReads #NBUitgewers #LeesAfrikaans #LeesSuidAfrikaans #LouisaHolst #DieSuidAfrikaanseLugbraaierKookboek ♬ Good Vibes (Instrumental) – Ellen Once Again


NB Publishers | Die Suid-Afrikaanse lugbraaier kookboek 2

Brood & Botter – ‘n Lewe van kook deur Nic van Wyk

Nic van Wyk-Brood & Botter 'n Lewe van kook Nic van WykChef Nic van Wyk is alombekend as “Kokkedoor” en “Kokkedoortjie” beoordelaar, maar lank voor dit het sy reputasie hom vooruit geloop, as ‘n meester op sy gebied. Hy is tans die hoofchef by die restaurant by Kleine Zalze, en was voorheen by ander gesogte en bekende restaurante en wynplase soos Haute Cabrière, Bistro 13 en Terroir (ook voorheen by Kleine Zalze).

Hy is welbekend vir sy talent om eenvoudige, smaaklike en onopgesmukte kos te maak. Dis hoekom ek so opgewonde was toe ek gesien het dat hierdie boek, “Brood & Botter: ‘n Lewe van Kook” op die rak verskyn het. Hierdie boek huldig sy 21 jaar (sover!) in die industrie, en ek was gereed om van sy geregte self te probeer!

@roelia_reads Hierdie boek!! 😍 Chef Nic van Wyk se heel eerste kookboek “Brood & Botter – ‘n Lewe van kook” is propvol nostalgie, gemakskos en gunstelinge. En eenvoudig pragtig om deur te blaai! Die moeilikste besluit is watter resep om eerste te maak? Dankie @NB Publishers #roeliareadsandcooks #roeliareads #southafricatiktok #kooksuidafrikaans ♬ Yum Yum Yum – Sansous, Morgan & Nercessian, Maxime

Wat het ek gedink van die boek:  https://www.roeliareads.co.za/lees-en-kook-brood-botter-n-lewe-van-kook-deur-nic-van-wyk/

Meer hier: NB Uitgewers Brood & Botter – Nic van Wyk

Vir lesers van spanningsverhale:

Ons Skulde deur P.P FourieOns Skulde deur P.P. Fourie

Ons Skulde is ‘n boek wat jou nie maklik sal los nie. Dit is ‘n meesleurende leeservaring wat jou sal verras, ontstel en ontroer. Dit is ‘n boek wat jy nie wil misloop nie. Hierdie was een van my gunstelingboeke wat ek hierdie jaar gelees het.

Die boek het ook baie lof ontvang van kritici en lesers. Volgens [LitNet], “Fourie se roman is een van die beste Afrikaanse spanningsromans van die afgelope tyd”. Volgens [Netwerk24], “Ons skulde is ‘n roman wat jou sal laat dink oor jou eie skuldgevoelens en hoe jy dit hanteer”.

Wat ek gedink het van die boek:  Wat Ek Gelees Het: Ons Skulde deur P.P. Fourie

Meer hier:  NB Uitgewers Ons Skulde P.P Fourie

Die Laaste Kanariegeel Notaboek deur Anchien TroskieVir die nostalgiese:

Die Laaste Kanariegeel Notaboek deur Anchien Troskie

Hierdie was nog een van my gunsteling boeke van die jaar.

Die Laaste Kanariegeel Notaboek is ‘n boeiende roman wat die verhaal vertel van Mia Steyn, ‘n jong vrou wat daarvan droom om ‘n skrywer te word in die 1960’s.

Die skrywer meng vaardig fiksie en geskiedenis, en skep ‘n ryk en egte atmosfeer van die Suid-Afrikaanse samelewing en kultuur in daardie tyd.

Wat ek gedink het van die boek: Wat Ek Gelees Het: Die Laaste Kanariegeel Notaboek deur Anchien Troskie

Meer oor die boek:  NB Uitgewers Die Laaste Kanariegeel Notaboek deur Anchien Troskie.  Ek was ook opgewonde of te sien dat dit ook beskikbaar is in audioboek formaat.

Gebeente Etienne van HeerdenVir jou boekklub:

Gebeente deur Etienne van Heerden

Ek het per toeval gesien dat hierdie book ook Maroela Media se “Boek van die Maand” is, so dit pas perfek in by wat my gevoel oor die boek is.  Ek het dit wel nog nie gelees nie (dit is hoog op my somer leeslys), maar wat wel my oog gevang het is wat NB Publishers/Uitgewers daaroor te sê het:

“Met ’n onverwagte trein kom Magistraat Imker Goedeman aan op Gebeente, ’n klein dorpie op die Vergete Grootpad noord van Sutherland. Die omgewing is geruk deur ’n opspraakwekkende plaasmoord, maar ’n nog komplekser saak moet ondersoek word: die diefstal van die melkweg. Ons is hier in die buurt van onwaarskynlikhede en eindelik word die ganse regstelsel uitgedaag. Historie, mite, allegorie en magiese realisme word sjarmant verweef in dié meeleurende roman.”

Meer oor die boek:  NB Uitgewers Gebeente Etienne van Heerden

Die melkweg en die miskruier Jeanette FerreiraVir die wat hou van fiksie met insig:

Die melkweg en die miskruier deur Jeanette Ferreira

Hierdie boek is ook hoog op my “moet lees” lys!  Die titel het dadelik my aandag getrek en alhoewel ek al baie van Jeanette Ferreira se boeke op die rakke gesien het, het ek nog nooit self een gelees nie.  Hierdie klink nogal interessant, nie waar nie?

Van NB Uitgewers se webtuiste:

“In 2020, tien jaar nadat Sabine uit die Laeveld weggesteier het, keer sy terug om nog net een maal weer hulle familieplaas Donkerhoek te sien en ’n neersitplek te soek vir die bondel wat sy al so lank saamdra. Sy het egter nie ’n telefoonnommer vir die nuwe eienaar nie en Google Maps weet nie van so ’n plek nie. In tien jaar het die aarde hierlangs geswig voor grondeise en armoede en die media berig van ’n onbekende virus wat reeds dood op die planeet begin saai het.”

NB Uitgewers Die Melkweg en die Miskruier deur Jeanette Ferreira

Vir jong volwassenes

@roelia_reads Wie lees net een boek in ‘n reeks? Ek moet net eenvoudig al 3 boeke in die #branderjaersage op my boekrak hê! O ja, en vandag is die derde dag in ons #Kannidood saamlees met #TandemCollective en #NBPublishers! Hoe’s jou FOMO? 😬😉 AD PR-product #kanniedood #branderjaers #johavandyk #humanenrousseau #RoeliaReads #RoeliaLees #leesafrikaans ♬ Plekkie In Die Son – Die Heuwels Fantasties & Early B

Die Branderjaer-sage deur Joha van Dyk

Die nuutste toevoeging tot Joha van Dyk se populêre “Branderjaer-sage”, Kanniedood, is onlangs vrygestel.

Joha van Dyk is ‘n Suid-Afrikaanse skrywer wat die Branderjaer-reeks geskryf het, ‘n stel jeugromans oor ‘n groep vriende wat in ‘n bende-oorlog betrokke raak. Die reeks bestaan uit drie boeke: Branderjaer, Vuurvreter en Kanniedood1

Die Branderjaer-reeks is geskik vir jong volwassenes van 14 jaar en ouer. Die boeke gaan oor vriendskap, liefde, familie, identiteit, lojaliteit, geweld, en oorlewing. Die boeke is spanningsvol, emosioneel, en realisties . As jy hou van aksie, avontuur, en romanse, sal jy die Branderjaer-reeks geniet.

Wat ek van die boek gedink het:  Kanniedood (Branderjaer #3) deur Joha van Dyk

Meer van NB Uitgewers:  NB Uitgewers Kanniedood Joha van Dyk

Hoe Gril Ek Nou! NB Uitgewers Francois Bloemhof en De Wet HugoVir die jonges – en vreesloses!

Hoe gril ek nou! deur François Bloemhof en De Wet Hugo

Vir jong lesers tussen 10 en 13 jaar oud, of die soos ek wat dit ten volle geniet om meer unieke stories in Afrikaans te lees.  Ek het erens die term “grilgrypers” gehoor, en ek dink dit pas perfek by hierdie boek.  Dis ‘n versameling van 11 kortverhale, onderskeidelik geskryf is deur Bloemhof en Hugo.  Ek het die boek nog net deurgeblaai, maar dit is wat NB Uitgewers sê:

“Van ’n teddiebeer wat lewend word, tot ’n snotmonster wat ’n koshuis terroriseer en ’n spookmeisie wat in die middel van die nag in jou oor fluister. Hierdie bundel bevat 11 naelkou-lekker kortverhale deur twee skrywers wat presiés weet hoe om al die hare op jou kop regop te laat staan. Die laaste storie is boonop ekstra spannend en onvoorspelbaar, aangesien dit as ’n aflosverhaal geskryf is – een hoofstuk elk, afwisselend deur hierdie twee grilverhaal-meesters.”

NB Uitgewers Hoe Gril Ek Nou Bloemhof Hugo

Al hierdie boeke word uitgegee deur NB Uitgewers, gaan loer gerus op hulle webtuiste vir meer.  Die boeke is ook beskikbaar in die meeste boekwinkels, asook aanlyn.